As jy wonder wat die verskil is tussen robuuste fone en normale slimfone, is hier 'n paar van die basiese verskille:
Een van die grootste kenmerke vir robuuste fone is dat dit voldoen aan "Millitary Standard 810-G," wat basies daarop neerkom dat hulle 'n onderdompeling van 1,5m in water sonder skade kan kan weerstaan.
Robuuste fone het nog 'n briljante funksie, dubbele sims! Die meeste slimfone het net een sim-gleuf, wat jou beperk om meer as een netwerkverskaffer te gebruik en jy dus die risiko loop om geen netwerk te hê in afgeleë of landelke gebiede nie.
Normale slimfone benodig ekstra skermbeskerming en omhulsels om te verseker dat dit nie breek nie. Maar dikwels is dit nie genoeg nie, net een ongeluk beteken dat jou duur slimfoon se skerm moet vervang word, en dit kos 'n plaas se prys! Robuuste telefone het geen bedekkings nodig nie, want dit is reeds robuust en het Gorilla Glass 5 of 6 skerms, wat baie taaier en sterker is. Dus is dit baie meer koste effektief en kan dit jou baie geld spaar in die lang duur as jy geneig is tot ongelukke of baie in die buitelewe werk of ontspan.
As jy moeg is vir duur fone wat breek, en geld wil spaar op omhulsels, skermbeskermers en duur skerm vervangings, kan jy die beslis 'n robuuste foon oorweeg!
Kommentaar
Wees die eerste persoon om kommentaar te lewer.