Top kwaliteit waterdigte & taai selfone & toerusting!
+27 (0)10 157 1421 info@gorugged.co.za

Hoeveel geld moet ek spandeer op 'n robuuste foon?

 A'Delia Taljaard   2021-02-16  Kommentaar
01rk4kl6s7n0sguhcicets7 11610394055

Jy het besluit dat dit tyd is om 'n robuuste foon te koop. Maar wat moet jy ingedagte hou wanneer jy koop en hoe kies jy die ideale foon vir jou?

 

Robuuste fone het dieselfde funsionaliteit as jou gewone slimfone, en meestal word die keuse gebaseer op begroting.

 

Wat is die prysklas en wat is die verskil?

 

Hoë prysklas

Die hoë prysklas robuuste fone kan jou vanaf R8000 en meer uit die sak jaag. Hierdie modelle is propvol funksies en 'n klomp ekstra's. Die robuuste fone van hierdie prysklas kan vergelyk word met die top modelle van Samsung en Iphone, hul is net baie meer robuust.

 

Hierdie klas fone het nuttige funksies en ekstra's soos infrarooi kamera's en het uitstende prestasie vermoë so jy sal dus geen opoffering op funksie maak indien een van hierdie fone jou keuse is nie. Die hoë prysklas fone is redelik duur, en alhoewel die ekstra funksies wat die foon bied besonders is, het nie almal hierdie funksies nodig nie.

 

Hierdie luukse fone is 'n uitstekende kopie vir mense wat voltyds werk in konstruksie, beroepe in die buitelug, of selfs mense wat aan gevaarlike sport soorte deel neem soos rotsklim ensovoorts.

 

Middelklas 

Middelklas fone se kostes beloop tussen R4000 en R7500.

Hierdie fone is perfek as jy 'n robuuste slimfoon met volwaardige funksies nodig het. Hierdie reeks fone het nie die unieke funksies soos infrarooi kamera nie, en jy mag dalk bietjie 'n kompromie op prestasie moet maak op sekere modelle.

 

Die middel prysklas fone is 'n bekostigbare opsie wat jou steeds goeie prestasie bied,en jy kan verseker wees dit gaan nie die bank breek nie. Hierdie prysklas fone is ideaal vir mense met 'n beperkte begroting of selfs vir 'n individu wat net 'n robuuste foon nodig het wanneer hul naweke in die buitelug spandeer.

 

In 'n neutedop is hierdie prysklas fone 'n baie goeie kompromie tussen prys en prestasie.

 

Laer prysklas

Die laer prysklas robuuste fone sal jou R3500 en minder uit die sak jaag.

As jy 'n foon koop in hierdie prysklas is daar kompromieë op sekere funksies. Die goedkoper prysklas het minder interne geheue, maar dit kan met behulp van 'n geheue kaart die foon se geheue heelwat vergroot.

 

Die laer prysklas fone is steeds slimfone wat jou 'n ordentlike, robuuste foon gee wat nie maklik kan breek nie, alhoewel die kamera gehalte en geheue grootte dalk nie in die top klas is nie.

 

Die laer prysklas fone is ideaal vir mense met 'n lae begroting wat 'n robuuste foon benodig sonder al die slim en eksklusiewe foefies van die duurder modelle.

Soekfilter

Soek

Wys

20
20
32
64
100
200

Sorteer

Nuut tot Oud
Nuut tot Oud
Oud tot Nuut
Titel

Kategorieë

Kies Alles
Persverklarings
Robuuste Slimfone

Authors

Select All
Adelia Taljaard
Shephard Dube
Search  

Kommentaar

Wees die eerste persoon om kommentaar te lewer.

Lewer Kommentaar

Replying to...
Naam / Noemnaam *
Epos Adres *
Kommentaar *
Stuur Kommentaar
Using this site means you accept its terms | Kopiereg © 2024 RaakRof SA
Bo
Who doesn't like cookies?
This website uses cookies to ensure you get the best experience. Read more...